ERTJIE SLAAI
Bevrore ertjies
Mayonnaise
Kaas (gerasper of in blokkies)
Ham of spek (in stukkies)
Fyn gesnyde uie (rasper is ook ‘n idee)
Fyn gesnyde blaarslaai
Begin deur die bevrore ertjies onder in die bak in ‘n dun lagie te gooi
(dis nie nodig om die ertjies gaar te maak of af te smelt nie).
Gooi nou ‘n lagie uie oor die ertjies, gevolg deur die blaarslaai, kaas, ham of spek en dan heel bo op ‘n laag mayonnaise.
Herhaal weer die lae, begin by die ertjies, dan uie, blaarslaai, ham/spek, kaas en weer mayonnaise. Herhaal die stappe tot die bak vol is.
Versier die heel boonste mayonnaise laag met spek of kaas.
BRON – Lynette Smith









Geskuif en hernoem na “Laagie slaai met variasies”