Microwave cauliflower with 2 tablespoons water for 10-15 minutes until VERY soft, drain, then mash with potato masher.
Blend in butter and cream cheese.
Add the shredded cheese (reserving about ½ cup) and remaining ingredients, and stir together.
Put in a casserole dish and top with remaining shredded cheese.
Bake 350ºC for 20 minutes, until brown and bubbly.
Foto en aanpassing: Esme Slabbert
Glo dit as jy wil, toe ek vanoggend by die kruidenierswinkel kom om ‘n pak gevriesde blomkool te kool was daar niks beskikbaar nie. Aangesien ek vandag nie op kantoor is nie, en nou die tyd het en in elke geval die meeste van die dag gaan bak en brou, besluit ek net daar en dan om ‘n vars middelslag grootte blomkool te koop en dit te stoom, want ek het dan nou tyd en ek wil dan nou hierdie reseppie maak vir aandete.
So, toe verwerk ek maar die vars kool, en stoom dit tot papsag en soos ek maar altyd doen, verander/tweak ek weer die reseppie so ietwat met die res van die bestanddele wat alreeds in die yskas is. Ek het “herb and garlic” cream cheese en wou toe nie nog ekstra koop nie, so gebruik dit toe in plaas van die gewone cream cheese. Ek het ook ‘n pakkie “Ready Crisp bacon” in die yskas so het dit in die plek van die turkey bacon gebruik.
Ek het twee grasuie fyn geknip en in die mengsel ingemeng en die derde een fyngeknip bo-oor die kaas as garnering.
So hier is die maaksel, reg om vannaand gebak te word. Ek sal later ‘n foto van die klaar gebakte produk ook plaas.








