BEES STROGANOFF POTJIE MET MACARONI
1 kg Stroganoff beesvleis
1 eetlepel soya sous
1 eetlepel balsamiese asyn
2 eetlepel worcestersous
1 eetlepel tamatiesous
1 eetlepel blatjang
1 teelepel fyn gemmer
1 teelepel swartpeper
1 ui gekerf
1 aartappel in blokke gesny
Ekstra:
1 pakkie sampioene soppoeier
1 koppie elmboog macaroni
Kook die vleis en al die bestanddele (buiten die ekstra’s) saam en kook totdat die vleis sag is,
Voeg die soppoeier by en roer deur, maak seker dat daar genoeg water in die pot is – +/- 500 water, voor die soppoeier ingegooi word, en nou sit jy die elmboog macaroni by, roer deur en kook stadig totdat die macaroni lekker sag en gaar is.
Maak nou ‘n slaaitjie van Tamatie, Uie, Cheddar kaas, en Feta kaas….
En skep maar op
Resep en foto: Stefaans Blaauw








