



VLASKYWE MET MIELIEBLOM
Die resep lewer 30 vlaskywe
1 pak (200g) cream cracker-beskuitjies
1 liter melk
200g (250ml) suiker
50g (60 ml) botter of margarine
60g (120ml) koekmeelblom
50g (100 ml) mielieblom
10 ml vlapoeier
2 ml sout
100 ml koue water
3 eiers, geskei
5ml vanieljegeursel
250g (500 ml) versiersuiker, gesif
Sowat 40ml kookwater
Smeer ‘n vlak glasbak van 35 x 25 x 5 cm, of bespuit dit met kleefwerende middel.
Pak 15 van die kraakbeskuitjies in rye van 5 x 3 op die boom van die bak en sorg dat die halveringslyne van die beskuitjies almal in dieselfde rigting lê.
Vehit die melk in ‘n groot kastrol tot kookpunt. Voeg die suiker en botter of margarine by en roer tot gesmelt. Haal dit van die stoof af.
Meng die koekmeelblom, mielieblom, vlapoeier, sout en koue water deeglik.
Voeg die eiergle by en klits goed.
Klits van die melkmengsel geleidelik by die vlamengsel. Gooi dit terug in die kastrol by die res van die melk. Roer aanhoudend oor lae hitte en kook sowat 5 minute tot dik. Haal van die stoof af en roer die vanieljegeursel by. Klits die eierwitte todat sagte punte vorm. Vou die eierwitte liggies met ‘n metaallepel in die vlamengsel in.
Gooi die warm vla oor die beskuitjies in die bak. Bedek die vla met ‘n verdere 15 beskuitjies in rye van 5 x 3 en sorg dat die halveringslyne in dieselfde rigting as die onderste laag s’n lê. Laat die vlavulsel afkoel en plaas dit in die koelkas om heeltemal koud te word.
Meng die versiersuiker en kookwater tot ‘n smeerbare versiersel. Gooi dit stadig oor die kraakbeskuitjies en smeer dit ewe dik. Hou dit in die koelkas toe benodig. Sny die vlaskywe so groot soos halwe kraakbeskuitjies wanneer jy hulle opdien.
Foto: Melanie Elms Volmer en Liezel van der Merwe en Petro van Genderen
Eddie Rocher Custard slices
1 Packet cream crackers
1 liter milk
250 ml sugar
60 ml butter
120 ml flour
100 ml mezina
12.5 ml custard powder
1 teaspoon baking powder
2 ml salt
125 ml cold water
3 eggs seperated
5 ml vanilje
500 ml sifted icing sugar
40 ml boiling water
10 ml lemon juice
Grease a bowl (pirex, tart dish) and place a layer of the cream crackers in the dish. Heat milk till boiling point. Add sugar and butter and stir until melted. Take from stove. Mix flour, mezina, custard powder,salt,baking powder with cold water until a paste. Add egg yolks one for one by the flour paste and beat well. Pour a little bit of milk by the paste mixture so it can beat easily. Add the flour paste bit by bit by the milkmixture and boil on low heat. Stir all the time for 5 min till thick. Remove form stove and stir in vanilje essence. Fold in the beaten egg whites(stiff peaks) lightly in the mixture. Pour the warm custard mixture over the biscuits and place another layer of biscuts on top. Place in the fridge to set and cooled down.
Mix icing sugar and boilingwater and lemonjuice together and pour over the tart. Cut into pieces and serve.

Foto: Elsabie Templeton
Kommentaar
My feestelike vlaskywe 🎉 die resep is dieselfde as die ene in Huisgenoot Wenresepte. Wat ek wel verander het, ipv mielieblom én vlapoeier het ek net vlapoeier gebruik (60 g). Vlapoeier is maar net gekleurde en gegeurde mielieblom.







gedoen