SULT-BRAWN
1 Beespoot, skoongemaak en gesaag
Of
1 Kalfspoot en Varkskenkel, goed skoongemaak en gesaag
Of
12 Skaappootjies, goed skoon gekrap en gesaag
2 Liter Water – ongeveer (8k)
12 Wonderpeper korrels
12.5ml Heel gebrande Koljander (1e)
4 Kruienaeltjies
3 Lourierblare
10ml Sout (2t)
Swartpeper na smaak
150ml Asyn (12e)
Was die skenkels of pote goed af. Verwyder die kliere en enige oorblywende haartjies met ‘n skeermeslemmetjie. Plaas dit in ‘n kastrol en bedek dit met die 2 liter water. Kook die pote of skenkels totdat die vleis heeltemal sag is. Die beentjies moet letterlik uitval. Vul die water gedurig aan. Verwyder al die beentjies en sny die vleis fyn. Laat die mengsel heeltemal afkoel. Skep die vet wat bo-op dryf af. Bind die wonderpeperkorrels, koljander, kruienaeltjies en lourierblare in ‘n gaasdoekie toe. Voeg die speserye, sout, peper en asyn by die vleis en laat prut alles 1 uur lank saam. Voeg ekstra water by indien die sult te styf was. Voeg nog sout en peper na smaak by. Laat die mengsel effens afkoel, verwyder die speserye sakkie en gooi die sult uit in bakkies. Laat koud word. Bedien dit in skywe gesny, met agurkies, olywe en skywe hardgekookte eiers.
• KERRIESULT : Meng 25ml Kerriepoeier, 10ml Borrie, 12,5ml Suiker en 25ml Asyn en roer dit 10 minute voor die einde van die gaarmaaktyd by.
• Indien ‘n drukkastrol gebruik word moet daar net sowat 1 liter water bygevoeg word. Die kooktyd word ook aansienlik gesny.
• Sult hou ongeveer twee weke lank goed in die yskas, en dit kan ook met sukses gevries word.
• Wanneer die vleismengsel afkoel sodat die vet bo-op afgeskep kan word, sal dit stol omdat pote so baie gelatien bevat. Te stywe sult is nie lekker nie. Oordeel in hierdie stadium of nog water bygevoeg moet word.
• Laat die sult in die yskas of by kamertemperatuur ontdooi.
BRON- ANGLO-BOEREOORLOG RESEPTE
RESEP INGESTUUR DEUR – Louise Smart Prinsloo
FOTO :Eddie Rocher
Al wat ek anders gedoen het ek het koljander korrels,swart pepper korels, bayleaves,en Curry Blare in n doek sakkie in die pot laat hang om die kruie in te kry. Ek het eers die koljander korrels in die oond geskroei en met n koekroller in stukke gemaak om beter Flavour uit dit te kry








