

MARISKA SE ROLKOEK
4 eiers geskei
200 ml strooisuiker
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
3 ml sout
50 ml melk
aarbeikonfyt
500 – 750 ml vars room
½ plak sjokolade
Klits die eierwitte styf, maar nie droog nie.
Klits die eiergele met die strooisuiker.
Meng koekmeel, bakpoeier, sout en die melk by die eiergele.
Roer die geklitste eierwit by.Verdeel in 2 rolkoekpanne uitgevoer met bakpapier.
Bak vir 5 min. teen 180ºC.
Strooi bietjie strooisuiker op ‘n vaddoek en keer die warm rolkoek daarop uit, rol dadelik op en laat effens afkoel.
Rol oop en smeer binne met aarbeikonfyt.
Room:
Klits 500-750 ml vars room tot styf. Smeer ‘n gedeelte op die konfyt en rol toe. Smeer die res van die room bo-oor die rolkoek.
Smelt die sjokolade met bietjie room of melk en maak zig-zag patrone oor die room. Sit aarbeie op wat in die oorblywende sjokolade gedoop is.
Dit is regtig HEERLIK!!! Die volgende dag is dit op sy lekkerste.
Resep en foto: Mariska Rossouw






