

ELAND KERRIE MET KLAPPERMELK
Eland kerrie met klappermelk, bedien op basmati met piesangs, blatjang en tamatie/uie salsa. En daar is genoeg vir more aand wanneer dit nog beter gaan smaak.
Ek braai die skenkel stukke net so heel in bietjie olyfolie in my stoompot totdat hulle begin verbruin, dan gooi ek die gekapte uie en knoffel by, braai liggies totdat uie deurskynend is;
Gooi nou die kerrie poeier, ster anys, kardamom sade, fennel sade, 1 t borrie, sout en peper, 2 kaneel stokkies en so 10 heel naeltjies by en laat die speserye so 5 min liggies braai sodat die geure kan uitkom.
Gooi nou ‘n koppie en half kookwater en so ongeveer 30 ml suurlemoensap en gerasperde skil by en stoom ten minste ‘n uur totdat die vleis van die bene afval.
Verwyder die bene (maak seker die murg bly in die kerrie) en sit aartappel blokkies en wortel blokkies by, stowe tot die groente sag is en bedien.
Oops vergeet om te noem ek gooi ½ blikkie klappermelk by wanneer ek die groente bysit.
BRON- Elsabie Templeton






