AARBEI JELLIE
Sny 750 g pas ryp aarbeie fyn op.
Voeg 25 ml water by en laat dit 20 minute stadig kook.
Syg die sap deur ‘n klam moeselien of kaasdoek (of skoon katoen vadoek) of gebruik ‘n jelliesak. MOENIE dit druk of roer nie – anders sal die jellie nie helder wees nie, maar troebel.
Verhit die aarbeifiltraat, 325 g wit suiker en 25 ml suurlemoensap tot kookpunt en kook dit 10 minute lank vinnig. Voeg die appelpektien by en kook die mengsel vinnig tot die jelliestadium (105 C) Skuim dit af, indien nodig. Bottel en verseel.
FOTO- Benhet Nieuwenhuis
Benhet Nieuwenhuis
Heerlik!!! Gaan oor my sushi poeding ook gebruik en defnitief oor roomys en slaai!!!!!