BILTONG VOORGEREG
1 kg gekerfde biltong, (net nie met baie vet aan nie).
250 ml room
knoppies sampioene gekerf
kaas
Sorteer die sampioene tot sag, voeg biltong en room by maar moet asb nie te vinnig laat warm word of kook nie anders skif die room. Sodra die room warm is.
Skep in voorgereg bakkies, sprinkel kaas bo oor bak in die oond of gebruik ‘n vlam om die kaas bros te maak. Strooi mozzerella bo oor en bedien warm met vars brood
Resep van Anna-Marie Salzmann van Wyk








