Plank aartappels is maar net aartappels wat in dun skywe gesny word en dan vir so 2 ure in sout water gelos word sodat al die stysel uit trek.
Meng olyf olie, growwe sout, knoffel en pietersiele saam.
Sit die aartappel skywe op ‘n alreeds baie warm bak plaat (wat jy vir ‘n ruk vooraf verhit het in die oond.
Strooi die olie mengsel bo-oor, strooi bietjie paprika oor en bak vir so 25 min in die oond by 180ºC.
Resep van Anna-Marie Salzmann van Wyk








