

BALSAMIESE GEBAKTE AARTAPPELS
O.K., ek skil so 4 medium size aartappels en sny hulle in kwarte.
Dan kook ek hulle in balsamic asyn en water. 1el per 500ml kook water.
Maar die geheim is die aartappels moet aldante wees en nie te sag soos vir mash doeleindes nie.
Strain die aartappels en laat staan vir 20min. Net voor jy opskep, soos jy olie sal warm maak vir chip (baie warm), doen dit.
As die olie lekker warm is, gooi jou aartappels in en deepfry tot goud bruin.
Skep uit in bak wat uit geline is met kombuis papier en terwyl die olies nog af drip gooi jy sout oor en lekker growwe peper en skud daai knape goed deur. En daars hy!!!
BRON- Riaan van Rooyen






