VARKRIBBETJIE MET BLATJANGSOUS
Genoeg vir 6 mense
Marinade:
100 ml olie
250 ml (1 koppie) matige blatjang
60 ml (¼ koppie) suurlemoensap
60 ml (¼ koppie) lemoensap
60 ml (¼ koppie) worcestersous
10 ml (2 teelepels) heelkorrel mosterd
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
Vleis:
1 varkribbetjie van 2,5 kg
sout
Marinade:
Meng al die bestanddele en giet oor die vleis.
Laat staan terwyl die kole gereedgemaak word, of oornag indien verkies.
Vleis:
Geur die ribbetjie met die sout en braai dit 1 – 1½ uur hoog bo warm kole.
Verf gereeld met die marinade.
Foto: Nella Kootstra
Ek het dit in die oond gebak en kort kort die sous oorgeskep.








