

PIESANGKOEK-MUFFIN
Resep en foto: Meisie Hattingh
FOOD LOVERS RECIPES
5-6 ryp piesangs fyngemaak
1 koppie suiker
1 teelepel sout
3 eiers
½ koppie olie
2 koppie bruismeel
Maak piesangs fyn, meng eiers en olie by, dan die droë bestandele en meng goed.
Skep on oondpan en bak vir 40 minute by 180 ºC.
Dubbelmengsel piesangkoek maak ‘n mooi vol pan. Enkel mengsel is vir kleiner pan.
Hierdie is die Piesang koekresep wat ek voorheen opgesit het, nou net kolwyntjies gebak. Die versiersuiker bo-op is een baie ryp piesang fyngedruk en dan met versiersuiker gemeng tot styf maar loperig, m.a.w nie waterig nie. Ek het die kop afgesny, versiersel opgesmeer, piesangskyfies omgepak, bietjie versiersuiker oor piesangs gedrup en die kop weer opgesit. Toe weer versiersel bo-oor gegooi. Piesangs wat in kookwater gedoop word tot die skil net swart begin word verkleur nie as dit skyfies gesny word nie.






