

WILDSKNIESKYF KERRIE SULT
Vanaand het ek so 9 knieskywe gevat. Gemsbok en Eland
( Daai Gemsbok wie se Kwakkie ek ook ge eet het)….hehe
+/- 2 kg knieskywe
1 ½ eetlepel sout
1 teelepel growwe swartpeper
1 teelepel borrie
1 ½ teelepel kerriepoeier
4 eetlepels bruinasyn
5 heel naeltjies
Alles in die stoompot gekook, totdat die vleis van die been afval.
Haal nou al die Knieskyf bene uit.
Skep die oortollige olie af, en druk alles lekker fyn.
Krap in ‘n glasbak uit en laat afkoel voordat in die yskas oornag.
More is dit gereed om te eet – lekker koue KNIESKYF SULT
Resep: Stefaans Blaauw






