Baie eenvoudig, soos ouma gemaak het. Vir die van julle wat nie afval eet nie, dit ruik en smaak glad nie soos afval nie, dis maar soos enige ander dis met varkvleis in. Glo my vry, want ek eet nie afval nie.
3 Varkpootjies, gehalveer en skoongemaak
Aartappels, kwarte gesny
Uie, kwarte gesny
Knoffel na smaak
1 eetlepel suiker
2 eetlepels Rajah medium kerriepoeier
2 eetlepels borrie
Knippie fyn naeltjies
Knippie fyn koljander
2 lourierblare
Sout en Witpeper
Braai die uie, aartappels, knoffel, suiker en die speserye in bietjie olie vir so 5 minute. Voeg die pootjies by en meng goed. Laat drukkoker se stoom opkom en kook vir plus/minus 25 minute tot lekker sag. Moenie water byvoeg nie, want die sous moet lekker taaierig wees. Bedien met stysel van keuse.
Eie resep – Louise Groenewald
Foto: Adam Cloete