KERRIE VARKPOOTJIES
Jul het my so lus vir afval, dat ek toe maar kerrie varkpootjieS aartappels gemaak het.
Ek werk nie juis van ‘n resep af nie .
Gebruik soveel varkpootjies wat gemaklik in die stoompot sal pas.
Die grootste werk, al koop jy dit skoon, moet jy dit eers weer bewerk en skoner maak en haartjies verwyder, daarna sit ek dit in die stoompot met water en sout en meduim kerrie na smaak.
Sodra pot stoom dan los ek dit so vir 20 minute en haal dit weer van die plaat af en daarna sit ek die halwe aartappels en uie by en kook dit weer vir 10 minute. So dis nie lang proses nie en dis baie lekker sag en met rys by het jy ‘n volle maaltyd, altyd ‘n wenner sonder fieterjasies, glo my jy lek letterlik jou vingers af. Almal wat die vark pootjies by my kom eet het, het dit netso geniet. Jy kan natuurlik bietjie bees kookvleis ook by sit om te vermeerder en maak die kos nog lekkerder.
BRON- Jan Bezuidenhout









