LEKKER NOEDELSLAAI
Om ‘n lekker kerrie noodel slaai te maak moet die sous oor die noodles gegooi word terwyl dit warm is, die geur trek dan vir my beter deur.
My gunsteling is die een:
1 fyngekapte greenpepper
½ fyngekapte ui
½ koppie tamatiesous
¼ koppie asyn
¼ koppie olyfolie
vars pietersielie
15 ml – 20 ml (na gelang van die sterkte) sterk kerrie,bietjie sou
15 ml suiker
Kook bogenoemde saam tot goed warm, ongeveer 5 min, meng dan deur warm noodles.
Ek kook skulpie noodels, dreineer en meng dan die sousie deur die warm noodles.
Resep geplaas deur Elaine Schoeman
Foto: Anne Mortleman Chambers








