KAASSPEKBROOD
’n Lekker souterige brood wat geen botter of vulsel nodig het nie; sny dit net en pak in jou kosblik
310 ml (1¼ k) meel
5 ml (1 t) bakpoeier
4 sprietuie, fyngekap
350 g cheddarkaas, gerasper
125 g spek, gekap
4 eiers
sout en peper
10 ml (2 t) soetrissiesous
5 ml (1 t) olie
60 ml (¼ k) karringmelk
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n broodpan met olie.
Sif die meel en bakpoeier in ’n groot bak. Roer die sprietuie, kaas en spek by (moenie die spek gaarmaak nie – dit gee die brood sy geur terwyl dit in die deeg kook).
Meng die eiers, sout, peper, soetrissiesous, olie en karringmelk in ’n beker of bak. Giet in die meelmengsel en meng goed.
Plaas die deeg in die bereide broodpan en bak 40 minute of tot ’n vleispen wat in die middel gedruk word, skoon uitkom.
Laat vyf minute afkoel, draai uit op draadrak en laat heeltemal afkoel.
Foto: Rina Kleinhans
2de foto: Hardus Van Der Hyde — Dit het baie lekker uitgekom.het dit somer in muffin pan gemaak – Ja met n koue hoender vulsel. Soos oom Gideon sal se dit was djeerlik










geskuif
Moet se dit is nie ‘n groot broodjie nie, en as mens hom dubbel moet maak sal dit maar ‘n redelike duur broodjie wees, maar dit is regtig heerlik.
Ek het hierdie broodjie gebak met glutenvrye bruismeel en het so bietjie semels ook ingesit.