

ANNIE SE CREMORA TERT
250 g cremora
125 ml kook water
Meng die 2 en klits baie goed saam.
Voeg die blikkie kondensmelk by en klits weer baie goed.
Voeg 100 ml suurlemoensap by en klits weer baie goed.
Pak tennisbeskuitjies in tertbak en skep ‘n lagie vulsel, dan weer ‘n lagie beskuitjies en die res van die vulsel.
Rasper sjokolade bo-op of gebruik ‘n flake!!
Plaas in die yskas om te stol.
Lekker!!
Resep en foto: Annie Moule







geskuif