BEESFILLET MET ROOIWYN EN MUSHROOM SOUS
Ek wys graag ek en my dogter se gunsteling gereg, naamlik die beesfillet met rooiwyn en mushroom sous, ons maak dit nogal gereeld
Neem 1 fillet (grote volgens jou behoefte), sny in dikkerige mote, marineer vooraf in balsamic asyn, olyfolie en knoffelstukkies (knoffel is opsioneel),
Seel die vleis in ‘n pan en druk dan in ‘n vooraf verhitte oond (net tot deur gaar, die vleis moet nie bak nie).
Sous:
Braai ‘n fyngekerfde ui en 1/4 pakkie mushrooms (die res word apart gebraai en saam die sous bedien) in bietjie olyfolie,
Voeg 1 koppie rooiwyn (gebruik ‘n goeie gehalte kookwyn), en kook die wyn af,
Voeg 1 houertjie vars room, sout en peper na smaak
En 15ml bruinsuiker by.
Kook die sousie totdat dit ‘n lekker dikkerige tekstuur het (dit sal minder lyk as oorspronklik) en whala, geniet.
BRON- Elaine Schoeman








