VINNIGE UIE SLAAI
Kook uie in soutwater tot sag maar nie pap en dreineer goed.
SOUS:
1 koppie Suiker,
125 ml Wit of Bruin Asyn
1 eier
Voeg Suiker, asyn en eier bymekaar en klits, gooi in kastrol en kook vir 5 min terwyl jy aanhoudend roer anders kook sous oor.
Gooi sout en peper by na smaak laat koud word voor jy sous oor uie gooi.
En geniet.
BRON- Martha Muller
Marie Troskie het wit asyn gebruik en daarom is die slaai so mooi kleur









