
TOM YAM GOO – KERRIE THAI SOP
4 koppies hoenderaftreksel
2 stokkke suurlemoengras, gekneus
6 kaffirlime blare (As jy nie kan kry nie, sny suurlemoenblare in dun repies)
4 eetlepels lemmetjie sap
2 rooi rissies, gekap (jy kan meer insit as jy van brand hou)
500 g rou garnale doppe af en dermpie verwyder
100 g knopie sampioene
2 eetlepels vissous
1 eetlepel suiker
1 groot tamatie, in stukkies gesny
vars koljanderblare
1 blik klappermelk
1 klein rooi soetrissie in stukkies gekap
3 huisies knoffel
stukkie vars gemmer
sprietuie
Sit aftreksel in pot. Voeg suurlemoengras, rissie, knoffel, gemmer en blare by en prut tot geurig so 5 min. Haal van stoof af en syg deur sif. Voeg aftreksel terug in pot. Voeg sampioene, soet rissie en tamatie by. Prut vir nog so vyf min. Voeg garnale by en kook tot gaar en uitgepof. Voeg klappermelk, suiker en vis sous by en prut tot goed deurwarm. Proe nou en pas smaak aan deur meer lemmetjiesap, suiker of vissous by te voeg. Bedien met koljanderblare en gekapte sprietuie. Ek hou so een of twee garnale heel vir bo-op.
Resep gepos deur Martie Fourie Moolman







geskuif