GEGEURDE BIERBROODJIES IN BLIKBEKERS
(4 bekers uitgekry)
125 ml gerasperde Cheddar-kaas
500 g bruismeel
5 ml sout
340 ml bier
125 g swoerdlose strepiespek, gekap en gebraai
1 blikkie gerookte mossels
1 blikkie pitmielies
Meng die helfte van die kaas met die bestanddele.
Skep in ‘n gesmeerde blikbekers.
Besprinkel met die res van die kaas.
Bak in ‘n varkie-oond vir een uur, of tot deurgaar.
Bron: Louise Venter








