SAKKIE SE BEESSTERT
Hierdie resep kom uit Wenresepte 1 en dit is die BESTE.
1 tot 1½ kg beesstert, opgesny
2 middelslag uie, in ringe gesny
1 piesang, in skywe gesny
2 lourierblare
60 ml bruin asyn
20 ml tamatiesous
20 ml blatjang
20 ml heuning
7 ml matige kerriepoeier
7 ml sout
1 ml peper
Was vleis en plaas saam met uie, piesang en lourierblare in ‘n drukkastrol. Meng res van bestanddele en gooi bo-oor (daar kom geen water by nie). Verhit stadig en kook sowat 1½ uur op lae hitte onder druk. Lewer 4-6 porsies
Foto: Adam Cloete