Hettie Botha
Wil graag vra… wat is julle absolute MOET hê… as jul wildsvleis kook… ek glo aan naeltjies en Port…..
Rina Kleinhans
Port/ rooiwyn, Worcestersous en spek, laat lê in karringmelk.
Geraldine Marais
Naeltjies, koljander, loerierblare, spek en hanepoot.
Magriet Louw
Naeltjies asyn koljander spek.
Hazel Nortje
Ja en koljander geskroei en fyn gemaak.
Hettie Botha
My skoonmoeder glo ook aan paar gekapte rosyne??
Dalene Murdoch Kruger
Balsamiese asyn
Elize Grobbelaar
Marinade in karringmelk en vee af voor gaarmaak.
Rina Kleinhans
Ja ek stem Elize Grobbelaar dit is al waarin ek enige wild marineer, absoluut ‘n wenner as jy wild in die karringmelk sit.
Isobel Conradie
Rooiwyn of BRUIN asyn, naeltjies en vars geroosterde koljander, fyngemaal – DEFINITIEF bietjie suiker, veral by grootwild! Hou ook van Dalene se balsamiese asyn, veral Spar se songedroogde balsamiese reduksie.
Estrela Oosthuizen
Moenie vergeet om knoffel saam met die naeltjies in gate (met skerp mes gesteek) in te druk.
Christa Scheepers Ferreira
Ek gebruik alle souse met vette (ek vries dit)… kook met wild & 10 naeltjies, 10 peperkorrels & 1 tl geskroeide heel koljander (bind dit in ñ ou skoon stukkie sykous). Stoom dit in my drukkoker van 5 lt tot dit van bene af is.
Magde Van der Kolff
Naeltjies, uie, sout en peper, asyn en Worcestersous, knoffel, origanim en rooiwyn… heel laaste bietjie blatjang.
Hettie Botha
Ja glo ook aan die blatjang dankie!
Elsabie Templeton
‘n Goeie skoot gin as ek nie jenewer (juniper) bessies kan kry nie, beslis rooiwyn, knoffel en tamatie pasta. EN ek rooster murgbene voordat ek die murg bysit omdat wildsvleis so droog is.
Mia Vermeulen
Ek maak wildsvleis gaar net soos bees, maar sit wel ‘n vetterige vleisie (soos spek) by vir geur.
Petro Lubbe
Ek moet naeltjies asyn en tiemie inhê… verder net wat ek normaalweg sou gebruik het vir enige ander vleis.
Linda Venter
Ek sit heel laaste so 250 ml vars room by… mense, dit smaak uit die boeke uit lekker.
Beulah Visser
Bacon, baie olyfolie, gebraaide uie, knoffel, wonderpeperkorrels, klein bietjie druiewe asyn, mosterd, chutney, vingerlek lekker!!!







