RENATE SE BOBOTIE
1 kg maalvleis
1 groot uie
25 ml botter of olie
1 dik sny brood
250 ml melk
12,5 ml appelkoos konfyt
50 ml suurlemoen sap
75g ontpitte rosyne
10 droë appelkose
30 ml kerriepoeier
12 amandels in kwarte gesny
5 ml sout
2 ml peper
6 lourier of suurlemoen blare
2 eiers
Sorteer uie in botter of olie
Week brood in helfte van die melk
Meng al die bestandele behalwe die res van die melk, eiers en lourier blare.
Skep in oondskottel en druk die lourier blare in.
Kilts die orige melk en eiers saam en giet oor die vleis.
Bak ongeveer vir 45 min in matige oond.
Bedien met rys, blatjang, gerasperde klapper en gekapte neute en piesang.
Resep: Renate Coetzee.
Foto: Adam Cloete








