Kook Liter Melk met knippie sout in, voeg suiker en Vlapoeier (met bietjie water gemeng) by. Roer tot dik en gaar. Laat bietjie afkoel.
Meng Suurlemoen en kondensmelk
Spuit ‘n reghoekige bak (2.5L) met Spray n Cook
Pak ‘n laag tennis beskuitjies onder in
Giet helfte van vla oor, maak gelyk en pak weer ‘n laag beskuitjies
Giet kondensmelk mengsel op beskuitjies en maak gelyk, pak weer ‘n laag beskuitjies
Giet res van Vla oor, maak gelyk en krummel laaste paar beskuitjies en sprinkel bo-oor
Plaas in yskas tot koud en gestol.
Resep: Elizabeth Margaret Hendrikz








