Foto: Alta Lubbe
Honeycomb poeding vandag gemaak.
Meng saam:
1 koppie meel
1 koppie suiker
half teelepel koeksoda
In aparte bakkie meng
1 koppie melk
half koppie botter
1 koppie stroop (of heuning)
Verhit dit totdat die botter gesmelt het. Meng met droë bestanddele en klits goed.
Klits 4 eiers apart goed en roer by mengsel. Gooi in bak en bak teen 180°C vir 45 min. Ek het dit in die mikrogolf gebak 15 – 20 min. Bedien met vars room. Heerlik verby!
Dionné Page Olivier
Heuningkoek poeding, hy bak sulke rysgate wat lyk sook n heiningkoek
250 ml suiker
215 ml koekmeel (120 g)
5 ml koeksoda
135 ml botter (125 g)
125 ml lou melk
250 ml goue stroop
4 eiers, geklits
Verhit oond tot 180 ºC
Sif droee bestanddele saam
Smelt botter in die lou melk
Voeg stroop by en meng goed
Kombineer die stroop mengsel met die droee bestanddele en roer die geklitste eiers by, meng goed
Skep in gesmeerde oondbak en bak 40-45min
Bedien met vla of roomys








