

PARMESAN CRISPS
Rasper parmesan kaas (NIE die poeier stuff in pakkies nie) – soveel as wat jy dink jy gaan nodig kry.
Maak klein hopies van die kaas op bakpapier (NIE waspapier) of silikoon bakvelle op ‘n bakplaat. Druk dit effens plat en sorg dat daar oorgenoeg spasie rondom elkeen is – dit versprei soos brandy snaps maak. As jou hopie te dik is, sukkel mens om dit soos op die foto te kry.
Bak @ 230 C vir so lank as wat jou spesefieke oond vat om dit gesmelt en crispy te kry. Pasop vir brand en hou liewer ‘n oog oor dit. Dit behoort enigiets van 5 – 10 minute te vat.
Variasies : meng gemaalde swart peper / Italiaanse kruie saam met die kaas voor hopies gevorm word.
Dit hou nie – moenie meer as 2 ure voor jy dit nodig het maak nie, dit sal rubberig word.
Foto: Petro Borchard






