

STUNNING KORS VIR BO-OOR SOUSERIGE VLEISPASTEI
1 koppie meel
2 teelepels bakpoeier
sout
½ koppie olie
½ koppie melk
1 geklitste eier
Meng die bestanddele saam in ‘n mengbak. Skep lepelsvol deeg op ‘n vleisvulsel van jou keuse.
Bak tot goudbruin in ‘n voorverhitte oond by 180ºC. Dit vorm vanself ‘n kors.
Foto: Jeanné Le Roux Syson – Gewone herderspastei met die geplaaste deegresep gemaak, ek gaan dit beslis weer maak. Dankie vir die resep.
Resep: Petro Borchard






