MAKLIKE TUNA PASTA
Resep kan gehalveer word.
360 g skulpie pasta (hier kan jy gebruik wat jy in die kas het )
1 eetlepel botter / olie om die uie in te braai
2 medium uie, in blokkies gekap
2 eetlepel tamatiepuree
2 groot tamaties, in blokkies gesny
2 blikkies tuna (180 g blikkie)
200 ml water (water waarin pasta gekook is) begin eers met 100 ml
1 eetlepel suurlemoensap
250 g pepergegeurde geprosesseerde kaas
4 eetlepels vars dill of ongeveer 2 eetlepels gedroogde dill
sout en peper na smaak
Kook die pasta volgens die instruksies op die pakkie.
Verhit die olie in ‘n pan. Braai gekapte uie en tamatiepuree daarin.
Voeg gekapte tamaties en gedreineerde tuna by uie mengsel. Verhit ‘n paar minute.
Voeg water, suurlemoensap en geprosesseerde kaas by. Verhit totdat kaas gesmelt is. Voeg water by, 100 ml om mee te begin. Laastens, word die dill bygevoeg.
Proe op hierdie stadium of jy nog so ‘n bietjie suurlemoensap of geurmiddels wil byvoeg, maar onthou die pasta absorbeer heelwat van die geur en jy sal dit nog so ‘n bietjie wil aanpas op die einde.
Meng tuna mengsel met pasta en meng goed saam. Toets of daar nog geurmiddels bygevoeg moet word.
Bedien met suurlemoen skywe.
FOTO- Wilanda Räsänen