Ons aandete: Goedkoop, maklik en vinnig om te maak.
2 blikkies tamatievis
1 Ui in blokkies gesny
1 blikkie tamatie en uie smoor
500g macaroni
Gerasperde kaas
Kook macaroni tot gaar. Braai die uie tot bruin en gooi tamatie vis by. Braai en roer dit redelik fyn. Voeg bietjie chutney by indien verkies. Smeer ‘n glasbak met bietjie botter en pak in lae: helfte macaroni, tamatie en uie smoor, kaas, tamatievis dan weer die res in dieselfde volgorde, behalwe vir die kaas. Dit word bo-oor gegooi. Bak in oond tot kaas lekker gesmelt het.
Nico-Jenny van der Merwe