Voorverhit die oond tot 200 °C.
DEEG
Sit die meel in ’n groot mengbak.
Vryf die botter met jou vingerpunte in die meel in tot die mengsel soos broodkrummels lyk.
Meng die aartappel by tot die deeg net bymekaarkom. Verdeel die deeg in 2 en draai elke stuk in kleefplastiek toe.
Sit die deeg vir minstens 2 uur in die yskas.
VULSEL
Sit die hoender in ’n oondpan en geur die holte met sout en peper.
Meng die speserye en olie en smeer oral oor die hoender.
Rooster die hoender vir 1 uur 20 min. tot gaar. Laat afkoel.
Trek die vleis met jou vingers van die been af.
Smelt die botter in ’n kastrol. Braai die ui, knoffel, gemmer en rissie daarin tot sag.
Voeg die kerriepasta by en braai vir nog 3 min.
Voeg die klapperroom, tamatie en grondboontjiebotter by en laat saam kook.
Draai die hitte laer en laat prut vir 30 min.
Roer die aangemaakte mielieblom by en laat prut vir nog 10 min.
Meng die hoendervleis by en verhit tot deur warm. Haal van die plaat af en laat afkoel.
Werk met een stuk deeg op ’n slag en rol elk op ’n skoon, meelbestrooide vlak uit tot 7 mm dik.
Voer ’n diep 21 cm x 26 cm pan met die een helfte uit.
Skep die hoendervulsel in en bedek met die res van die deeg.
Verf liggies met eier en bak vir 30-40 min. of tot goudbruin en gaar.
Foto: Natasha M Klassen








