KERRIEHOENDERPASTEI MET MAKLIKE AARTAPPELDEEG

hoenderpastei met aartappel kors 2tested

KERRIEHOENDERPASTEI MET MAKLIKE AARTAPPELDEEG
Genoeg vir 6-8
200 g bruismeel
150 g koue botter
200 g gaar kapokaartappels (mashed potatoes), afgekoel
VULSEL
1 heel hoender van sowat 1,4 kg
sout en gemaalde swartpeper
10 ml (2 teelepels) elk komyn en koljander
15 ml (1 eetlepel) kerriepoeier
’n knypie kaneel
60 ml (¼ koppie) olie
15 ml (1 eetlepel) botter
1 ui, gekap
10 ml (2 teelepels) elk gekapte knoffel, gemmer en rissie
30 ml (1 eetlepel) Thaise rooikerriepasta
½ blik klapperroom
1 x 400 g-blik heel geskilde tamaties
60 ml (¼ koppie) grondboontjiebotter
60 ml (¼ koppie) mielieblom (Maizena) aangemaak met 15 ml (1 eetlepel)
water
1 eier, liggies geklits

Voorverhit die oond tot 200 °C.
DEEG
Sit die meel in ’n groot mengbak.
Vryf die botter met jou vingerpunte in die meel in tot die mengsel soos broodkrummels lyk.
Meng die aartappel by tot die deeg net bymekaarkom. Verdeel die deeg in 2 en draai elke stuk in kleefplastiek toe.
Sit die deeg vir minstens 2 uur in die yskas.

VULSEL
Sit die hoender in ’n oondpan en geur die holte met sout en peper.
Meng die speserye en olie en smeer oral oor die hoender.
Rooster die hoender vir 1 uur 20 min. tot gaar. Laat afkoel.
Trek die vleis met jou vingers van die been af.
Smelt die botter in ’n kastrol. Braai die ui, knoffel, gemmer en rissie daarin tot sag.
Voeg die kerriepasta by en braai vir nog 3 min.
Voeg die klapperroom, tamatie en grondboontjiebotter by en laat saam kook.
Draai die hitte laer en laat prut vir 30 min.
Roer die aangemaakte mielieblom by en laat prut vir nog 10 min.
Meng die hoendervleis by en verhit tot deur warm. Haal van die plaat af en laat afkoel.
Werk met een stuk deeg op ’n slag en rol elk op ’n skoon, meelbestrooide vlak uit tot 7 mm dik.
Voer ’n diep 21 cm x 26 cm pan met die een helfte uit.
Skep die hoendervulsel in en bedek met die res van die deeg.
Verf liggies met eier en bak vir 30-40 min. of tot goudbruin en gaar.

Foto: Natasha M Klassen