1 rol blaardeeg
125 g botter
300 ml suiker
appels, pere, appelkose, pruime, piesangs, pynappelblokkies enige een van die vrugte, genoeg om styf te pak in ‘n pan van omtrent 230 mm wat op ‘n stoof en in ‘n oond kan gaan.
Sit die botter en suiker in die pan en laat toe om stadig te smelt. Haal af van die stoof. Pak die vrugte styf teen mekaar in ‘n sirkel in die pan. Sit terug op die stoof en laat dit stadig kook tot die suiker ‘n ligte karamel kleur kry. Omtrent 15 min. Moet nie dat die karamel donker word nie. Haal van stoof af en sit die blaardeeg bo-oor. Vou die deeg in die kante in. Bak by 180 vir omtrent 35 min. Laat staan vir 10 min en keer om op opdienbord. Bedien met room of roomys.
RESEP: Martie Fourie Moolman








