BERNADENE SE SPAGHETTI BOLOGNAISE
Tuisgemaakte spaghetti bolognaise. Resep vir die pasta is hier
500 g maer maalvleis.
1 blikkie gekapte tamaties
1 ui opgekap
2 koppies water
1 koppie tamatiesous
1 eetlepel gerookte paprika
1 teelepel komyn
Origanum na smaak
1 blokkie groente aftreksel – ek gebruik daai gestoldes wat so lekker smelt.
Meng alles in ‘n kastrol saam tot goed gemeng.
Kook stadig saam tot lekker dik sous. Proe vir ekstra sout indien nodig en swartpeper. Ek gooi ook ‘n bietjie suiker by om die suur van die tamatie te breek.
Die maalvleis word dus glad nie gebraai nie. Dit kook saam met die sous lekker glad en daar is geen stukkies in nie. Het dit eendag op tv gesien by gordon ramsey. Hy het gese hy verstaan nie hoekom mense maalvleis droog braai en daarna water ingooi om dit weer nat te maak nie. Maak vir my sin as mens in elk geval ‘n sous wil maak.
Foto en resep geplaas deur Bernadene Daniell Prinsloo








