TUISGEMAAKTE VARS BRUIN LAE GI PASTA
1 1/2 kop nutty wheat
1 1/2 kop koekmeel
1 teel sout
4 eiers
25 ml olyfolie
Meng meel en sout. Maak holte in die middel.
Gooi eiers en olyfolie in die holte.
Neem n vurk en begin om eiers te roer.
Die meel kleef aan die eiers.
Roer aanhoudend tot al die meel ingeroer is. Knie tot deeg ni meer kleef nie.
Draai toe en laat rus in die yskas vir 30 minute.
Deel in 4 dele en volg pastamasjien instruksies.
My eerste probeerslag…. tuisgemaakte vars bruin, low GI pasta gemeng met net kruie, sout, olyfolie, botter en swartpeper en jamie oliver se pasta masjien.
Nota: Bernadene Daniell Prinsloo
Net bietjie raad… gee kans dat die pasta so bietjie le en gou in n lekker groot pot kookwater met sout in. Dit help dat dit vrylik beweeg tydens die kookproses.
BRON: Bernadene Daniell Prinsloo