DEKADENTE KAASKOEK
Maak ‘n kors van tennisbeskuitjies wat met botter gemeng is in ‘n losboompan vasgedruk
Klits 1 houer (250ml) room styf
In ander bak meng goed 2 blikke kondensmelk,
125 ml strooisuiker(ek bietjie minder gevat) en
125 ml suurlemoen sap
voeg 2 houers maaskaas (230g elk) by, meng deur en vou die room in.
Voeg laaste 15 ml maizina wat met ‘n klein bietjie water gemeng is by en meng deeglik
skep helfte in gesmeerde losboompan bo-op die kors.
Meng res met 80 ml kakoa en skep oor die eerste laag
Bak by 160 grade celsius vir 50 min
whala
Bron en foto: Betsie Ferreira
Dekadente Kaaskoek
KORS:
125g botter/margarien
2 pakkies (200g elk) Tennisbeskuitjies, fyngemaak
VULSEL:
3 bakkies (250g elk) gladde maaskaas
2 blikkies (397g elk) kondensmelk
125ml (1/2 k) suurlemoensap
250ml (1 k) suiker
10ml (2t) vlapoeier
250ml (1 k) room, verkoel en styf geklits
90ml (6 e) kakao
Voorverhit die oond tot 180 grade C.
Smeer n losboompan of ringvormpan, 23cm in deursnee, of spuit met kleefwerende kossproei.
Smelt die botter en roer die krummels by. Druk vas op die bodem en teen die kante van die voorbereide pan. Verkoel tot benodig.
Meng al die bestandele vir die vulsel, buiten die room en kakao.
Vou die room in en giet die helfte van die mengsel in die tertkors. Sif die kakao by die orige maaskaasmengsel en giet versigtig bo-oor.
Bak 30 minute lank tot ligbruin om kante.
Verwyder uit die oond en laat afkoel.
Verkoel tot stewig.
Plaas op opdienbord en verwyder die ringvorm versigtig.
Lewer n groot koek.








