HEERLIKE OUVROU-ONDER-DIE-KOMBERS
Ek het altyd gedink my ma het dié resep uitgedink, totdat ek dit oral ter wêreld raakgeëet het. Sny die blare van ’n groenkool los (soveel blare as wat jy nodig het). Sit in ’n skottel en gooi kookwater oor.
Maak frikkadelle van 500 g maalvleis,
3 fyngekapte uie
sout, peper
’n bietjie Worcestersous
½ t kaneel
’n knypie naeltjies
’n bietjie gerasperde neut
’n bietjie gemmer
½ k broodkrummels
Rol elke frikkadel in ’n koolblaar toe. Rol liggies in meelblom (of Bisto of tamatiesoppoeier) en pak in oondskottel.
Gooi 2 k aftreksel oor. Kook ’n uur lank en strooi nóg broodkrummels en gerasperde kaas oor. Laat mooi bruin word onder die oondrooster, en voilà!
Post Ria Grobler Mc Carthy








