


MATTIE SE MIKROGOLF SAGOPOEDING
1 liter melk
1 koppie sago
125 g margarien
Mikrogolf 15 min op hoog roer elke 5 min.
Kook 10 min op medium, roer elke 5 min.
Haal uit en voeg by:
1 koppie suiker
2 eiergele (kamertemperatuur)
2 ml sout
2 teelepel vanielje
Roer goed en mikrogolf weer 2 min op hoog.
Haal uit en vou styfgeklopte eierwitte in, strooi kaneel oor en sit klontjies appelkoos konfyt bo op, mikrogolf nou weer 2 min op hoog.
Laat ‘n rukkie staan om te set.
Laat weet hoe dit gesmaak het, heerlik met vla.
Bron en geplaas deur: Marie Grobler
Foto: Mattie Joubert
2de Foto: Sonja Beukes Oosthuizen
Nota: Dankie vir hierdie mikrogolf sago poeding resep.
Dis vinnig en maklik.
Ek het die klontjies appelkoos konfyt vervang met kaneelsuiker.
Ai hoe verlang ek nou my Ma, sy moes dit altyd spesiaal vir my gemaak ~ die lang manier.






