SJOKOLADE KOOKWATER OLIE PANKOEK
Resep en foto: Elsabie Templeton
Sous resep en foto: Malie Louw
Tweede foto: Rachel Celotto
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie is ‘n klam koek a.g.v. die olie, smaak die tweede dag nog lekkerder (as dit so lank gaan hou!).
As jy ‘n wit koek wil bak, vervang die kakao met mielieblom (Maizena).
1½ koppies koekmeel
1½ koppies strooisuiker
½ koppie kakao
3 teelepels bakpoeier
knippie sout
Meng alles in menger nadat droë bestanddele saamgesif is.
In ‘n maatkoppie, meng die volgende:
1 koppie olie
¾ koppie kookwater (187 ml)
2 teelepel vanilla geursel
Meng goed met droë bestanddele.
Skei 4 groot eiers en voeg die eiergele een vir een by die nat bestanddele terwyl die menger loop.
Klop die eierwitte styf, voeg 1 teelepel bakpoeier by en vou goed in en vou die eierwit mengsel by die nat mengsel.
Skep in goedgesmeerde oondpan wat met meel uitgeskud is.
Bak by 180 ºC vir ongeveer 25 minute.
Hierdie beslag kan ook in twee ronde koekpanne gebak word.
SOUS VIR PANKOEK
1 koppie water
1 koppie suiker
125 ml enige geursel van jou keuse (Kahlua / Amarula / Brandewyn)
Warm op in mikrogolf oond tot suiker gesmelt is
Gooi warm oor die koek.
Kan net so eet of met vla of ideal melk of room met kersies op




-300x225.jpg)




