AMANDA SE HERDERSPASTEI
1 kg Maalvleis sonder vet.
Sout en peper na smaak.
2 klein uie opgesny in klein blokkies,
3 kleure peppers op gesny in klein blokkies.
1 eetlepel gemaalde knoffel.
1 pakkie Goulash poeier van Maggi.
500 ml kook water.
1 blikkie gemengde groente.
Braai uie, peppers en knoffel tot uie deurskynend is. Gooi peppers en maalvleis by en braai tot maalvleis amper gaar is. Gooi peper en sout by en meng deur. Strooi die pakkie Goulash poeier oor en roer deur. Gooi die water by en laat deurkook.Sodra die maalvleis gaar is, gooi die blikkie gemengde groente by, meng deur en laat kook vir 20 minute. Maak intussen kapok aartappels en spuit ‘n oondbak. Stel oond op ROOSTER. Gooi die maalvleis in ‘n oondvaste bak en sit die kapok aartappels bo-op. Sit in die oond onder die boonste rooster en verkleur die aartappel deksel tot bruin. Pasop dat dit nie brand nie:). Dien op met garlic baked beans en groenslaai. Voed 4-6 mense
BRON- Amanda Verster vd Merwe








