HOENDERLEWER MET SPEKVLEIS
hoenderlewer
sout en peper
repies spekvleis
Maak die lewer skoon, strooi sout en peper oor en rol elke stuk in ‘n repie spekvleis.
Bind dit vas of steek dit met ‘n klein houtpennetjie vas.
Verhit ‘n braaipan en sit die rolletjies daarin.
Laat dit braai tot die spekvleis bros is.
Of
Plaas dit op ‘n rooster wat in ‘n pan staan en bak dit in ‘n warm oond by 250°C (425 F) tot die spekvleis bros en gaar is.
Draai die rolletjies net een keer om terwyl hulle bak.