1 middelslag kopkool, fyngekerf
2 uie, in dun ringe gekerf
Meng bogenoemde en plaas in bak.
Giet bo oor die groente 250 ml wit suiker. MOENIE MENG NIE
Kook die volgende saam en giet ook oor groente. MOENIE MENG NIE
250 ml wit asyn
200 ml sonneblom olie
5 ml mosterdpoeier
5 ml anys saadjies
Laat dit nou vir 4 ure staan sonder om te meng, gooi vloeistof af en meng.
Post: Elize de Kock
Foto: Rina Kleinhans









Madaleine Bezuidenhout
Made that before and a match made in heaven
Baie baie lekker selfs vir ons wat nie van kool hou nie, sal dit regtig weer maak. Heerlik!!