DUITSE ANYS KOOLSLAAI

koolslaai elizetested
DUITSE ANYS KOOLSLAAI
Ons hou nie van kool nie en ek moes spesiaal kool gaan koop, maar glo my vry….. hierdie slaai kan julle maar maak, selfs mense wat nie kool eet nie gaan van die een hou, mens proe nie eers dit is kool nie, dankie Elize.

1 middelslag kopkool, fyngekerf
2 uie, in dun ringe gekerf
Meng bogenoemde en plaas in bak.
Giet bo oor die groente 250 ml wit suiker. MOENIE MENG NIE
Kook die volgende saam en giet ook oor groente. MOENIE MENG NIE
250 ml wit asyn
200 ml sonneblom olie
5 ml mosterdpoeier
5 ml anys saadjies
Laat dit nou vir 4 ure staan sonder om te meng, gooi vloeistof af en meng.

Post: Elize de Kock
Foto:  Rina Kleinhans