Springbok fillet,
In Netvet…met gebraaide Uie, aartappels en rys..
En n knoffel bottertjie, so op die kant.
1/2 koppie olyfolie
2 eetlepels suurlemoensap
Meng die olyfolie en die suurlemoensap, en laat die filletjies daarin le vir 24 uur..draai hulle gereeld om in die mengsel..
Steek nou n mes so op die lengte in, en stop n kaas daarin.
Spesery nou met sout, peper, en garlic mengsel
Draai in Skaap netvet toe, en steek dit met n tandestokkie vas.
verhit die oond vooraf tot 250 grade celsius…
bak hulle nou op GRILL so hoog moontlik in die oond, totdat die kaas begin uitloop…dan is hulle gaar.
Smeer nou n strepie HOT English mostert op, dan die knoffel botter, en geniet saam met die gebraaide rys mengsel..
More doen ons die res op die kole..
Resep en foto: Stefaans Blaauw