BEGRAFNIS SIRLOIN
(met gebraaide kerrie uie)
± 300 g sirloin
olyfolie en bruin asyn, vir smeer
botter om in te bak
2 groot uie, in blokkies gesny
Neem die sirloin, smeer met die olyfolie en bruin asyn en bak in ‘n warm pan met BOTTER vir 3 minute elke kant.
Braai die uie in olyfolie.
Wanneer die uie begin bruin raak voeg by:
1 teelepel kerrie poeier
1 teelepel borrie
knippie sout
1 eetlepel asyn
Wanneer die sirloin in die bord land, geur met sout, peper, en smeer knoffel botter op.
En nou BEGRAWE mens die steak… onder daai gebraaide kerrie uie.
Dan eet hy so… saam met GLÜHWEIN!
GEEN bykosse nie.
Resep en foto: Stefaans Blaauw








