

WORTELSKOTTEL
2 uie, fyngekap
4 groot ryp tamaties, ontvel en fyngekap
6 tot 8 wortels, gekrap en skywe gesny
sout en peper na smaak
Sorteer die ui in botter in ‘n warm pan tot deurskynend.
Voeg die tamaties by die uie in die pan en braai liggies.
Voeg die wortels by die uie en tamaties en kook tot sag.
Druk alles fyn met ‘n aartappeldrukker en voeg sout en peper by.
Roer deur en geniet!
Nota – My ma het soms sprietuie en knoffel bygevoeg.
Resep: Floraine Wasserman Venter







Done