

KERRIEBONE OM TE BOTTEL
Kook die volgende saam tot sag:
2 kg gekerfde groenbone
1 kg gekapte uie
12,5 ml sout
Gooi die volgende saam en kook vir 5 minute:
750 ml bruinasyn
3 koppies suiker
knippie sout
2,5 ml mosterdpoeier
Maak aan met ‘n bietjie asyn:
1 eetlepel maizena
1 eetlepel kerriepoeier
1 eetlepel borrie
Voeg dit by die ander sous en roer vining.
Kook saam oor lae hitte. Voeg bone by. Prut vir ongeveer 10 min en bottel warm.
Bere vir ten minste ‘n week en geniet dit!
BRON- Analize Bester Van Zyl






