

3 BESTANDDELE NAGEREG /TERT
3 Pakkies Instant pudding (aangemaak soos aangedui op pakkie)
1 tot 2 pakkies tennisbeskuitjies, -cream crackers – of vingerkoekies
250ml room, styfgeklop
MAAK DAN SO:
Pak tennisbeskuitjies onder in bak.
Smeer jou 1ste laag poeding.
Pak weer beskuitjies.
Smeer 2de laag poeding.
Gaan so aan tot al die beskuitjies en poeding klaar is.
Jy kan soveel lae pak soos jy wil.
Sit in yskas vir tenminste 6 ure of oornag.
VOOR OPDIENING:
Smeer styfgeklopte room bo-op
Strooi sjokolade stukkies oor, stukkies kersies, neute, klapper -of sjokolade sous.
Wenk:
Jy kan 3 verskillende kleure poeding gebruik bv. vanilla, butter-scotch en piesang.
Dit sal die nagereg mooi laat vertoon.
Gooi bietjie Old brown sherry oor die koekies ook indien verkies.
Foto: Nelie Booyens – OE EK HET DIE TERT GEMAAK !!!! WAT N WENNER!!!!







Nelie Booyens OE EK HET DIE TERT GEMAAK !!!! WAT N WENNER!!!!